Ek hou so nou en dan nabetragting oor alles wat is, en oor wat eintlik moes wees. My hart is seer as ek sien hoe welsynsorganisasies sukkel om hul dienste voort te sit en die ouens wat hulp nodig het, te help. Staatsubsidies kom net nie by nie, en vrywilligers om onder andere fondse in te samel is nog skaarser as hoendertande.
Die ou storietjie wat my pa my kleintyd vertel het, kom toe weer by my op.
In die jare na die Tweede Wêreldoorlog, het die mense baie swaar gekry - soos nou weer. Die oorsake was net anders, maar dis 'n ander dag se storie.
My oupa was geseënd met 'n goeie sakebrien, en kon redelik maklik oor die weg kom. Na die Anglo-Boere-oorlog het hy byvoorbeeld vir voornemende delwers in die destydse Wes-Transvaal kleims afgehardloop, want anders as ek, was hy nogals 'n atleet. Hy kon Engels verstaan ook - in daardie jare het dit hom laat uitstyg bo Jan en Alleman. So kon Oupa vir mense wat dit moeiliker gevind het om liggaan en siel aanmekaar te hou, op 'n manier help om ten minste 'n dak oor hulle koppe te kry. Destyds is hulle bywoners genoem, en het hulle ook plaaswerkies vir die boer gedoen totdat hulle 'n eie boerderytjie op die been kon bring.
Soos in die meeste boeregemeenskappe van daardie tyd, was daar 'n Jood of 'n Indiër wat die winkel gehad het. Hier is ruilhandel gedoen: Tant Sannie bring eiers en botter in, en kan dan koffie en suiker daarmee "koop", en so aan.
Baie mense het ook "op die boekie" gekoop. Hierdie skulde is dan na 'n oes of ander meevaller terugbetaal, en soms afgeskryf.
So kom dit toe dat 'n bywoner-oom van 'n buurplaas, te sterwe kom, en die boekie is vol, en daar is ook nie genoeg eiers of ander produkte om te ruil vir die begrafnisklere nie. Die tannie en 'n klompie kinders moes "respektabelik" gemaak word vir die begrafnis - in swart. So staan die tannie voor die swart material en rondtrap, want daar is geen manier waarop sy daarvan kan koop om die rouklere te maak nie.
Die een na die ander boer wat al beter daaraan toe is, kom maak ook hul draaie by die winkel. Eg soos ons mense is, verwyl elkeen 'n tydjie by die nuwe weduwee en simpatiseer met betraande oë. Maar dis waarby dit bly - tot groot ontsteltenis van Amod, die winkeleienaar.
Op 'n stadium het sy bloed gekook, en maak hy sy geldlaai oop, haal 'n pond daaruit en gee dit vir die tante. 'n Pond was baie werd in daardie jare, en die tannie kon dit goed gebruik. Terwyl hy die geld vir haar gee, sê hy toe sommer vir die omstanders: "Djammer, djammer! Djammer hom die pond, man"
Vir my voel dit dat ons weer daar is. Almal is jammer, almal betreuer die omstandighede, almal treur saam, maar bitter min steek hande uit die moue en doen iets daaraan. As ons nie 'n os gekoop of 'n vrou getrou het wat ons aandag en tyd nodig het nie, het ons 'n ander rede wat ons van ons naastediens af weghou. Moet ons weer wag dat 'n "volksvreemde" die boodskap bring? Wat sou Jesus doen?
Showing posts with label Humor. Show all posts

Sunday, April 19, 2015
Thursday, February 26, 2015
Bright Spark
Bright Spark
Die jaar
2015 begin toe mos toet-en-taal anders as wat ek verwag het.
Om mee te
begin werk my en Nig Elsabé se plannetjie om ons ma’s te verras met ‘n
wonderlike kuiergeleentheid toe nie so goed uit nie. Ek bedoel, alles wat mens kon reël, is
gereël, en in daardie opsig was dit ‘n sukses.
Die uitdaging lê toe by die twee sussies self.
Met die
eerste kuierslag, by ons huis, was hulle bly om mekaar te sien. Hulle het uitgevra na mekaar se welstand, en
toe is die gesprek verby. Tannie Bettie,
‘n diabeet, sit op haar stoel en slaap, terwyl ma haar breiwerk vra om te brei.
So sit die tweetjies langs mekaar en swyg. Elkeen op haar eie planeet.
Ons ander
kuier ‘n hond uit ‘n bos uit, maar die enigste tekens van opflikkering by die
twee sussies, is wanneer ons tee of koffie aandra. Ons onthou om versigtig te wees met die
eetgoed, want Tannie Bettie hou niks van diabetiese kos en peuselgoed nie.
Aand se
kant reël ons om op Kersdag weer saam te kuier.
Weer by ons huis, weer sonder veel sukses. Ons plan is om op ‘n ander
dag by hul vakansiebestemming in Gouritzmond te gaan kuier. Dit sal sommer ‘n
bietjie afwisseling vir ons ma’s ook verskaf.
Op 27
Desember word Tannie Bettie in die hospitaal opgeneem met hartversaking. Ma volg op 1 Januarie nadat sy weer eens
geval het. Nou kan die kuier nie eintlik
meer as vakansie aangesien word nie.
Elsabé se kinders doen darem nog hul ding, en geniet die warm see en
ander jongmensaktiwiteite. My eie Willie se maters kom darem ook tot sy
redding. Hy is meer as 10 jaar ouer as
Elsbé se kroos.
Die twee
niggies is nou op Ouma Patrollie. Dit
kuier tussen die twee sale deur, en tussenin was ons slaapklere en probeer by
‘n dokter of iemand uitvind wat om te wagte te wees. Die oumas self is nie van veel hulp nie. My
ma is tevrede met alles, en haar suster is ontevrede met alles.
Met een
besoektyd kom ek in Ma se saal, en daar sit Tannie Bettie in ‘n rolstoel by
haar. Ma stel ons voor aan hierdie
vrou. Hulle het glo so ‘n paar dae
gelede by ‘n huis, nou nie ons huis nie, maak sy dit duidelik, ontmoet, en toe
kom hulle sommer so saam-saam hospitaal toe.
Vir die eerste keer waarvan ek weet, is
my Tannie Bettie met die kostelike woordeskat sprakeloos. My ma weet nie wie sy is nie!
Uiteinde
van die vakansie is toe dat Elsbé-hulle se vriende uit Rustenburg nou by ons
kuier, want hul kar het gebreek, en hulle kan nie terug nie. Hul
vakansieverblyf is ook nie meer
beskikbaar nie. Elsabé se mense moet weer werk, en hulle kan nie langer bly
nie. So, nou word Koos en Alet ons
vriende, en ons weet nie of Tannie Bettie betyds ontslaan gaan word sodat sy
saam met hulle kan teruggaan Gauteng toe nie.
Dis ‘n
moeilike sakie vir Koos en Alet. Hulle
wil graag vir Elsabé en Gustav help, maar aan die ander kant is die pad Noorde
toe baie lank met ‘n siekerige en onvergenoegde mens as passasier. My tannie
Bettie is ‘n DIVA.
Dit werk
toe so uit dat Koos se kar padvaardig is voordat Tannie Bettie reisvaardig
is. Elsabé vlieg weer hierheen om haar
ma by te staan, want Tannie Bettie kla dat sy nie “infrastruktuur” hier het
nie. My besoeke en wassery registreer
nie op haar skaal van toereiikendheid nie. Sy’s reg ook, want ek is nie so
manipuleerbaar soos my liewe niggie nie. Ek dra nie “onwettige” snoeperye aan
nie, en na my mening is die hospitaal se kos baie aanvaarbaar en gesond.
Lang storie
kort, Ma word toe na ontslag in Huis Elsjé opgeneem, en Tannie Bettie kan ‘n
week later saam met Elsabé per vliegtuig terug Noorde toe.
Ek het nou
al ‘n lekker agterstand by die ACVV opgebou, en spring dadelik in. As ek moet eerlik wees, is dit nie net plig
wat my op my tone hou nie, maar ook die gemis by die huis. Dis nie so eenvoudig om jou ma in ‘n
versorgingseenheid te gaan aflaai nie.
Helfte van my hart het ook daar agtergebly, en nou proe ek daai
skuldgevoelens soos gal hier agter in my mond. Rede sê dat ek nie aan my ma se
versorgingsbehoeftes kan voldoen nie, en Satan sê ek’s te sleg. Die feit dat Ma
elke keer wat ek besoek, gereed is om saam met my huis toe te gaan, maak dit
nie makliker nie. Ook nie die feit dat
haar goedjies elke keer ingepak is, en sy reg is om te gaan nie. Sy voel mos nou baie beter.
Bedags
hardloop ek tussen die diensvertakkinge van ACVV rond, en probeer so om iets
vir iemand te regverdig. Dis glad nie
logies nie, ek kan dit nie verklaar nie, want ek kan dit nie verstaan nie. Ek weet dat daar op hierdie stgadium nie ‘n
beter plek is vir Ma nie, maar…..
Elk geval,
daar was ‘n probleem met stormwater tussen die crèche en die aftree-oord, en
ons het ‘n sloot aan die kleuterskool se kant laat bou om die water van die
grensmuur af weg te lei. So op ‘n afstand lyk dit of die besigheid werk, maar
ek is ‘n maatskaplike werker, en ek moet seker maak.
Aan die
Sandkasteel se kant van die muur lyk alles reg en goed. Nou wil ek seker maak dat die muur aan die
ander kant ook droog is. In my effektiewe
bui vergeet ek twee dinge. Die eerste is
dat ek bril dra, en die tweede is dat daar ‘n elektriese veiligheidsheining
bo-op die muur gespan is.
Die
uiteinde van die “ter plaatse ondersoek op voetsoolvlak”, is dat die bril en die heining ontmoet, en ek
soos ‘n blaar in die wind verby Tossie, wat agter my staan, trek, en soos ‘n
sak aartappels agter haar met Moeder Aarde kennis maak. Tossie skrik haar ook
in ‘n ander bloedgroep in, want sy weet dat ek
al talle rugoperasies en ‘n nekoperasie ondergaan het, en NIE MAG VAL
NIE.
Willie en
sy pa is baie jammer vir my, en dra my behoorlik op die hande. Rachel se reaksie was: “Dit was nou nie Ma se
slimste move nie, maar sekerlik die brightste” Ai my kind, jy weet hoe om my
uit die jammerput te kry! My familie en
vriende noem my nou die “bright spark” en ek dink ek verdien die titel.
Hier sit ek
nou, weke later en bestekopname doen:
1. Tannie Bettie is veilig (maar erg
ontevrede) terug in haar versorgingsoord in Randfontein;
2. Joamé (Elsbé se kleinsus) het Ouma
geword van ‘n mooie ou dogtertjie;
3. Elsabé en familie is op
gereedheidsvoet vir Joamé se jongste (Sakkie) se troue;
4. Ouma Bettie se uitrusting vir die
okkasie het sy uitdagings gebring, maar dis gereed vir die groot dag;
5. Ma is veilig in Huis Elsjé, en sy
pas goed aan. Sy is nie meer elke dag
gereed om huis toe te gaan nie, en sy sê die mense daar is baie goed vir haar;
6. Ma bekommer haar nie meer oor alles
wat sy moet betaal nie, want haar kantoor (Huis Elsjé se personeel) hanteer
alles namens haar;
7. Ek sit met ‘n rugstut wat die pyn
heel draaglik maak, en skryf ‘n blog.
Ek sou met reg kon sê: “Ende gut,
alles gut” , maar moet ek so vervlaks moeilik leer?
Tuesday, July 29, 2014
The fruit of the passion
I was once young and naive. Really naive.
I grew up on a farm in the Western Transvaal. I attended the local agricultural high school. We knew little to nothing about city life. For fun we went to church gatherings, school concerts, and cattle auctions. At school, the boys brewed "skelm" wheat beer which we then drank during breaks. The girls who had Cooking, Household Management and Home Nursing as subjects, supplied the eats at these gatherings. Very risky and illegal.
We were being prepared for rural living.
But I wanted to go to university.
It so happened that my dream came true, and off I went to the great city of Pretoria.
I was a first year student living in an annex to a university hostel, and life was exiting. Our annex was called "Lappop" (rag doll).We were five first year students in Lappop, under the supervision of two senior ladies.
In those days it was a huge thing if a senior male student should show interest in a first year girl. All five of us were thrilled to bits when senior men came to serenade us after hours. We were very strictly monitored. On weekdays, we had to be indoors at eight o' clock in the evenings, and then we could not receive any visitors either. The exceptions were Tuesdays (9:30), Fridays and Saturdays (midnight) and I think we had to be in at 10 on a Sunday evening. The seniors had to make sure that we were locked in.
These singers were a highlight at any time, but it was extra special if a lonesome guitar-playing singer would sit on the steps to the "stoep" and serenade us. A couple of them actually became well-known in later years. One became a very successful songwriter and singer, whilst another also writes, sings and even added an acting career to his CV although he studied to become successful in a very different direction.
One night, this guy and one of his friends asked me and my roomie to accompany them to a local hotel where a singer (I think it was Stu Philips) were performing. My roomie grew up in a mining community, and was much more street wise than me. We got special permission to come back after closing time, and off we went.
What a night it turned out to be! On our way to the hotel, I was silently reciting all the warnings my teachers and parents supplied me with before I became a student. I was not going to become a disappointment to my folks!
And they were right in warning me, I realised as soon as we sat down at our table. We were offered drinks. Roomie asked for passion fruit. I have never heard of passion fruit before, but I quickly deduced that it was some kind of an unholy mixer to get a girl drunk. Never would I be caught in such a way.
I knew about mampoer (but that was illegal then) and communion wine. So, I asked for Old Brown Sherry when it was offered.
We enjoyed the evening very much. I was a bit sceptic about my roomie, however. She kept drinking that passion fruit stuff. The 'Old Men' even teased her about the fruit of the passion. I could see with my own two eyes how she became drunk, laughed a lot, and was very talkative. I wanted to warn her, but I felt uncomfortable to do so. I kept to my decision to take only what I knew, and stuck to OBS.
The entertainer was super good. The evening was beyond thrilling, except for the nagging fear for my roomie and her irresponsible drinking.
We went back to Lappop very late that night. Actually it was very early the next morning.The seniors were waiting for us. I foresaw doom and damnation. I just wanted to get my roomie into bed before something really bad would happen when the teasing started again.
This time I was the victim. The old men told the seniors how much alcohol I consumed. I drank glass after glass after glass of OBS, while my roomie only took passion fruit.
It was only then explained to me that passion fruit was "Grenadella syrup". I still don't drink passion fruit, but I also don't like sherry as much as I once did.

Tuesday, November 15, 2011
Die gastroskopie en die kaartjie
As mens begin ouer word, verander die gespreksinhoud van kinders na kleinkinders, van werk na stokperdjies, en van algemeen na gesondheidsake, brille, pille, hospitale en dokters. Dis nou maar net een van daai sewe-en-twintig of so nuwe feite van die lewe. 'n Mens kan dit vermy en vereensaam, of dit aanvaar en tussendeur baie humor raakloop.
By 'n onlangse funksie vertel 'n nuwe vriendin ons die storie van haar gastrosokopie. Dit klink nogal baie aardiger as wat dit was.
Ista se storie begin met die feit dat sy nou vir die eerste keer in haar lewe, hier na aftrede, 'n kredietkaart het. Sy is nie 'n finansiële ghoeroe nie, en na 'n vorige probeerslag het haar man, Jan, haar belowe dat sy nooit ooit weer haar hand aan 'n tjekboek sal slaan nie.
Vir die kredietkaart is sy so bang as die duiwel vir 'n slypsteen, want sy verstaan nie hoe die ding werk nie. Wat sy wel weet, is dat daar ten alle tye ten minste R10,000-00 in die kaart moet wees. Die bedrag moet haar deurdra in die gevallentheid dat Jan haar dalk sou ontval - siende nou dat sy geen tekenregte op enige van hul gesamentlike geldbêreplekkies het nie.
Hoe dit gekom het dat sy sonder tekenregte sit, is nou weer 'n ander storie. Jare gelede het hulle in 'n baie welvarende gemeenskap gebly. Haar man was die skoolhoof, en sy 'n onderwyseres. Hulle moes tog met hul medemens meng en sosialiseer. Die vrouens van die omgewing het die een Tupper-partytjie na die ander Press-less partytjie na die ander Reeva-, Annique-, Justine-, Avroy Schlain of watter moontlike partytjie daar was, gehou. Die een geleentheid was groter en spoggeriger as die ander, en die vrouens het ewe lustig hul tjekboeke uitgehaal en tjeks geteken vir al hierdie aankope waardeur hulle mekaar dan ondersteun het, en die ekonomie aan die gang gehou het.
Ista het toe ook gevoel dat sy soos 'n seer duim tussen hierdie dames uitstaan omdat sy so in haar beursie moet rondkrap vir 'n geldjie om haar minimale aankope mee te betaal. Sy het haar situasie vir Jan verduidelik en gemotiveer, en hulle is bank toe om tekenregte te reël - op die gesamentlike bankrekening.
Vir die volgende maand was Ista dan ook een van die dames. Sy het elke partytjie bygewoon, en vir haar aankope met die tjekboek betaal. Sy het dit geniet om tjeks te teken asof dit 'n alledaagse ou takie was. Haar borrel het egter gebars toe Jan die eerste bankstaat na haar emansipasie oopmaak. Sy is van haar tekenregte ontneem met die duidelike belofte dat dit NOOIT WEER herstel sal word nie.
Op welke manier die kredietkaart veiliger sou wees, is nie vir my heeltemal duidelik nie. Ek kon wel agterkom dat Jan die rekening elektronies, met behulp van die rekenaar, bestuur. Een van haar dogters se vorige kêrel, het ook vir Ista geleer om die kitsbank, of soos sy sê, die kaartjiemasjien, te gebruik. Sy kom dus oor die weg. Iewers is daar egter nog 'n onduidelikheidjie: Ista sê dat sy op 'n stadium R13,000-00 of so in die kredietkaart gehad het. Jan het toe op die rekenaar gewoel, en wys haar toe dat daar nou R10,000-00 is "wat wys". Die ander geld is glo nog daar iewers (in die kaart of die rekenaar), maar 'n mens kan dit net nie sien nie.
Ista gaan dit ook nie soek nie, want sy is, in haar eie woorde, rekenaar-gestremd.
Dit bring ons nou weer by die gastroskopie. Ista moes 'n gastroskopie ondergaan. Jan reël vir al die magtigings en nommers en goed by die mediese fonds, en faks die nodige deur na die dokter en die hospitaal.
Toe alles gereël is, neem Jan haar na die hospitaal. Op pad soontoe ontvang sy 'n SMS wat sê dat sy moet onthou van die R2,000-00 bybetaling wat sy moet maak. Sy lees dit vir Jan, en hy gooi amper die motor om van skok. Dit is nie moontlik nie, want hy het al die magtigings en nommers en goed deurgefaks. Hy weier om 'n bybetaling te maak. Ista noem dat hulle in 'n noodgeval miskien die kaartjie kan gebruik, maar Jan staan vas. Alles is gereël.
Terug huis toe om te bevestig. Nee, alles is reg. Hy bel weer die mediese fonds om seker te maak dat daar nie 'n verwarring met die nommers is nie. Nee, al die magtigings is geldig, en die nommer is korrek.
Teen hierdie tyd is hulle nie meer so erg betyds vir Ista se afspraak met Dr. Retief nie. Haar senuwees is redelik dun geskaaf. Sy wil net die gastroskopie gedoen kry, en klaar. Sy kom nie weer nie. Vandag is die dag, en klaar. Sy weet ook dat Dr. Retief nie vir haar gaan wag nie. Haar teatertyd is haar teatertyd. As dit verby is, is daar ander pasiënte wat wag.
Jan het ander planne. Hy gaan nie 'n bybetaling maak nie, en klaar. Hy het die magtigings gekry. Sy plig is nagekom. Die mediese fonds sal betaal.
By die hospitaal aangekom word Ista se ergste vrese dan ook bewaarheid. Die mense by ontvangs vra die R2,000-00 bybetaling.
Ista sê haar man sê dis nie nodig nie, hulle het magtiging.
Hospitaal sê die bybetaling moet gemaak word.
Jan sê oor sy dooie liggaam.
Ista dood van skaamte, en plaas al haar hoop op die kaartjie met die geld vir Jan se begrafnis. Dit ontaard in 'n ietwat onaangename situasie, en die tyd stap aan.
'n Verpleegster kom naderhand vir Ista haal. Sy is laat vir haar opname. Ista gee in die wegloop gou haar kaartjie vir die ontvangsbeampte, en gaan saam met die verpleegster wat nie kan wag om bloeddruk, polsslag en wat nog te neem nie. So oor haar skouer sê Ista vir die ontvangspersoon dat sy tog maar die geld uit die kaartjie moet neem. Wat hulle met Jan moet doen, moet hulle maar doen, maar sy wat Ista is, gaan nou vir die gastroskopie.
Terwyl die verpleegsters haar opnamekaart voltooi, maak sy net verskoning vir ingeval haar bloeddruk dalk hoog is - dis Jan se skuld. As haar polsslag te hoog is, is dit ook Jan se skuld. Sy makeer gewoonlik niks nie.
Op die ou end is haar gastroskopie toe darem gedoen, en is daar nou net R8,000-00 in die kaartjie vir Jan se sterfte - plus natuurlik daardie ander R3,000-00 of so wat onsigbaar is.
Dit was egter nie die einde van haar nagmerrie nie, want daar kom toe nog 'n kwessie ter sprake. Daar het aftrekkings, twee van hulle, op die bankrekening deurgegaan waarvoor hulle nie begroot het nie. Soort van ongemagtigde aftrekkings, as mens die woord nou so ydelik mag gebruik.
Jan praat met die bankpersoneel, en hulle beloof om 'n e-pos te stuur met die verduideliking. Jan, wat weer 'n tydelike pos na sy aftrede aanvaar het, sou nie tuis wees om die e-pos te ontvang nie. Ista word aangesê om die e-pos in te wag, en vir hom aan te stuur na sy werksplek.
Sy weet nie hoe e-pos werk nie. Jan sal haar gou die aand touwys maak. Hy sal ook die volgende oggend sorg dat die rekenaar aangeskakel en op "die regte bladsy" is.
Toe vir die opleiding: Eers moet sy op "clear" klik. Dit is regs bo iewers. Sy doen dit. Nou moet sy op iets anders dubbelklik. Sy klik, en klik en klik. Niks gebeur nie.
Jan beduie dat sy moet dubbelklik. Intussen skryf sy elke woord neer, want sy moet dit die volgende oggend net so oordoen.
Na die dubbelklik, beduie Jan, sal daar iets 'opkom' wat nie nou kan opkom nie, want die e-pos is nie daar nie.
Ista skryf dit neer.
Nou moet sy op dit wat sal opkom, maar wat nie nou opgekom het nie, dubbelklik.
Ista skryf dit neer.
So gaan hulle deur die hele proses. Die adres wat sy moet intik, maar wat sy nie nou al kan intik nie, en alles.
Getrou skryf sy dit alles neer.
Sy wil weet hoe sy sal weet wanneer om te begin clear en klik en dubbelklik. Jan stel haar gerus. Die rekenaar sal mos aangeskakel en reg wees, en sal dan 'n geluid maak as die bank se e-pos deurkom, en dan moet sy tot aksie oorgaan.
Die volgende oggend, so vertel Ista, is sy vroeg paraat en voor die rekenaar. Die rekenaar is reeds aangeskakel.
Sy maak nie die tuin nat nie, sy skakel nie die radio aan nie, sy sit nie kos op die stoof nie en die wasmasjien bly afgeskakel, want sy moet hoor wanneer die rekenaar sy geluid maak wat haar tot aksie moet aanpor.
Die aand met sy tuiskoms wil Jan belangstellend weet hoe haar dag verloop het.
Ista sit steeds voor die rekenaar en wag. Geen geluid het daaruit gekom nie.
"Ag, toemaar", is Jan se antwoord. "Ek het sommer gou vanoggend bank toe gegaan en die sakie daar uitgeklaar....."
Net sommer so.

Monday, May 18, 2009
Kroniek van die Kondensmelkblik
Die eerste gewaarwording van die naderende stryd het soos N.P. van Wyk Louw se donker wense om die grense van my denke begin flikker. Eers was dit net sulke sporadiese flitse; later het dit aanhoudend geflikker, soos 'n warmwordende neonlig, en al duideliker geword.Uiteindelik was dit onteenseglik daar.
Ek was lus vir kondensmelk.
Ek het Wilskrag nadergeroep. Ek moet immers nog 'n klomp gewig verloor ter wille van mobiliteit en gesondheid.
Soos dit gaan met verbode vrugte, het Soetlus van krag tot krag gegaan terwyl Wilskrag begin verkrummel het. Wilskrag wou nie toegee nie, maar die sluwe Soetlus het hulp ingeroep: beelde van dik strome gladde, soet kondensmelk wat verleidelik krul, drome van 'n kondensmelkblik-trompoppie wat 'n brigade van die wonderlikste kondensmelkterte aanvoor, geure van die allersoetste eet- en drinkgoed....
Wilskrag kon slegs met beelde van Immoboliteit, Vet, Skaamte en Naarheid terugveg. (Almal negatief) Voorwaar 'n ongelyke stryd!!!
Die geveg het sy hoogtepunt op 'n Dondrdagmiddag bereik. Ek was alleen tuis, met tyd op hande. Soetlus het Ledigheid en Oorreding vir haar kant gewerf.
"Daar's drie blikke kondensmelk in die spens..."
"Niemand sal weet nie..."
"Watter skade kan 'n bietjie kondensmelk dan nou doen?"
"Kondensmelk se oorsprong kan teruggevoer word na die enigste volledige voedsel"
Arme Wilskrag begin wankel onder die aanslag - soos alte dikwels in sulke gevalle gebeur. Soetlus, aan die ander kant, word net verder gevoed en versterk deur hierdie wroegery.
Wilskrag gee nie in nie. Plan staan nader, en gee raad. "Laat ons op hierdie geskiedkundige dag vir Soetlus en haar trawante 'n les leer wat hulle nooit sal verget nie" Wilskrag gee in - swak en uitgeput.
'n Blik word oopgesny - nie die tradisionele twee gaatjies vir suig nie, nee heel OOP. Die deksel kom onder ander afval in die asblik. Ek gaan sit by die tafel. My laaste wapen is 'n teelepel. Nee, dit is nie fel genoeg om Soetlus uit te wis nie. Die teelepel moet eers wag. Hierdie saak is te ernstig vir die juniors.
Ek drink die kondensmelk soos water - nee, soos goeie rooiwyn. Ek rol dit op my tong; druk die soetheid teen elke oppervlak van my mond vas, en sluk met behaaglikheid. Ek volg die vordering van die soete verleiding tot daar waar dit lêplek kry.
Nou word die slukke groter en Gulsigheid steek kop uit. Teen die helfte van die blik begin Naarheid saggies om aandag smeek. Plan en Wilskrag druk deur! Oorreding vra vir "Time out". Wilskrag wyfel, maar staan vas.
Met nog net genoeg kondensmelk vir twee koppies soet koffie, is Wilskrag se fut uit, en Oorreding staan nou sterk. "Dit sal lekker wees om so 'n ou soet koffietjie met Willem te deel wanneer hy huis toe kom..."
Willem! Die soet towerkrag is gebreek! Skuldgevoel spring uit! "Willem mag nie weet nie!!!"
Nou moet die teelepel help. Die laaste aks van 'n druppel word uitgekrap en opgeëet. Nou word die leë blik ook diep in die asblik weggesteek. So-ja, 'n beker bitter koffie om Soetlus se val (of was dit nou oorwinning?) te vier.
Plig onderbreek die nabetragting. Wat eet Willem vanaand? Naarheid pleit swakheid, maar Plig maak geen toegewings nie. Plig wen, en ek begin kosmaak. Willem sal honger wes, maar hoe gaan ek eet???
Ek sit toe maar net by. Willem eet lekker, en ek kry nog 'n kompliment ook oor die heerlike kos. "Honger maak beslis die beste kok." Dis Skuldgevoel se stem.
So 'n ruk na ete begin Willem eers kombuis toe, en later spens se kant toe dwaal. Hy's seker lus vir 'n koekie. Sy stem ruk my terug na die vaal gevoel onder Skuldgevoel se streng hand. "Marietjie, waar's die kondensmelk? Ek maak vir ons koffie."
Kalm bly! Daar's nog twee blikke kondensmelk oor. "Dit staan seker net op 'n ander plek."
Toe nie so maklik nie.
"Nee, daar's 'n blik weg." Ek en die hele weermag is uitgeboul. Die verhaal van die stryd tussen die Sluwe Soetlus en die Weerlose Wilskrag moet uit. Soos die liedjie sê "Hy moes vra, en ek moes praat"
Nou volg ek maar die AA se leiding: Ek ken ongelukkig nie al 12 stappe nie, maar pas die waarvan ek weet, toe.
Openbare belydenis
Erkenning van swakheid
Een dag op 'n slag - sonder kondensmelk.
Soetlus is vir eers geblus, en Wilskrag is stadig maar seker besig om van die vernedering te herstel.
Twee blikke kondensmelk staan op die rak...

Tuesday, March 24, 2009
SEISOENSWISSELING
Ek weet nie of dit met almal gebeur nie, maar hierdie jaar bly ek vashaak by die gedagte aan seisoenswisseling: verandering, veroudering, hergeboorte, vernuwing, ontwikkeling en agteruitgang in die lewe. Dit het tot my begin deurdring tydens die hittegolf van laas.
Ek het 'n sterk suspisie dat my bewuswording van die seisoenswisseling (dis amper herfs) ietsie te make het met die Herfs wat in my lewe aanbreek. Soos my fisieke begin (watwo begin... dis al lankal nie meer pure perd nie!) verander en agteruitgaan, begin my geestelike sy meer en meer ontwikkel en gedy. As dit "oudword" is, beteken dit dat ek gereed is daarvoor. Oudword is nie 'n lekker gedagte nie, maar die clichè sê met reg: Die enigste teenvoeter vir die ouderdom is om vroeg te sterf. En wie wil dit sommerso doen?
Vanoggend het ons weer Bybelstudie gehou, en vandag se onderwerp was die Klaagliedere van Jeremia. Nie dat dit so morbied was as wat dit mag klink nie. Ons klompie herfsmense, van wie nog net ek en Willem nie grootouers is nie, kan baie opgeruimd en positief saamdink, en die ligter kant van die lewe maklik raaksien - selfs met Jeremia. Dis baie snaaks as die stram vingers nie gou op die plek in die Bybel kan kom nie, en nog snaakser as Marina na 'n lange soektog uiteindelik die plek het, net om die Bybel weer te laat toeklap as sy van pure verligting haar Bybel in die lug rondswaai!!
(Ek hoef dit seker nie uit te spel dat ons 'n hele oggend lank kan Bybelstudie hou nie - dis nou nadat ons die innerlike eers met koffie, tee, rooibostee en koekies op standaard gebring het.)
Terug by Jeremia se Klaagliedere sien ons onsself en ons land wat swaar gebuk gaan onder allerhande ellendes, van misdaad tot ekonomiese krisisse en onbetroubare politieke leiers. Ons sien jong mense wat die land verlaat om elders 'n heenkome, 'n toekoms en geluk te gaan soek, in Jeremia se sug. Dan besef ons saam met hom dat ons gesondig het, en onsin kwytraak voor die Here. Ja, ons word selfs aangekla dat ons te veel terugpraat wanneer die Here ons betig. (Die Klaagliedere het vir my van die mooiste prosa wat mens maar kan kry) Ons besef dat die Here nie vergewe het nie, omdat ons nie opreg is nie. Voordat ons heeltemal in sak en as gaan sit, kom ons ook tot die wonderlike besef dat ons net moet opkyk, (al word Jeremia se oë moeg van opkyk sonder dat hy hulp sien kom) en opreg om vergifnis moet vra, moet glo, en dat die Here wel vir ons uitkoms sal gee.
Ons wonder of die Here ons straf, en of ons die gevolge van ons eie kollektiewe wandade dra. Dan kom ons tot die gevolgtrekking dat ons moet lewe as boodskapdraers en afskynsels van die Ewige Regverdige maar ook Genadige God.
Saam besluit ons om ons naaste te vergewe vir alles wat hulle ons aangedoen het - in werklikheid, of in ons verbeelding. Ons besluit om die minste te wees in verskille met ons geliefdes,(hulle kan soms so onmoontlik wees) ons kinders (hulle kan ons soms so seermaak) en ons medemens (hulle is soms so onverstandig en net pleinweg verkeerd).
Ons deel die teorie met mekaar dat baie emosionele steurnisse en sielkundige afwykings herlei kan word na een of ander onreg wat ons gely het, en waarvoor ons nog nie vergeef het nie. Let wel, die draer van die onvergewensgesindheid is die lyer onder die las van die wrok. Soms weet die onvergeefde nie eers van die kwessie nie - hy ly dus geen skade nie, terwyl die wrokkige les opsê onder maagsere, paranoia, depressie en wat nog. Nie dat al hierdie toestande reaktief of vingerwysings is nie - ons weet mos al van genetiese faktore en chemiese wanbalanse en die dinge. (Van siektes en rare verskynsels weet ons groepie sommer baie)
So kyk ons na ons middeljarige, herfslyfies en -gesiggies, en in plaas van plooie en rolle sien ons ervaring, belewenisse, onthou (baie vergeet), begrip en aanvaarding. Ons sien 'n storie van lief en leed, van geluk en berou, van die botter en die wors. Ons is wandelende advertensies vir die lewe en al sy fasette.
Ons kan ons huise begin stroop van al die onnodige "nice to haves" wat ons vroeër so sonder ophou vergaar het. Ons soek nou eenvoud, rustigheid en dienlikheid in ons huise, ons meubels, ons klere en ons siele. Ons is soos die bome wat die ekstra blare kan afgooi omdat ons nie meer koelte hoef te maak nie, maar plek moet maak vir die son om ook deur ons te kan skyn op ander, wat rondom ons (lekker dik) stamme leef.
Ja, die herfs is voorwaar 'n wonderskone seisoen met al sy ryk en warm kleure, sy sagte blaretapyte en die stroopsoet vrugte van die na-somer. Dis 'n tyd van voorbereiding vir die winter wanneer ons kaalgestroop en eerlik in die oë van ons naaste en ons Meester sal staan. Vir my is dit nou, en ek is innig dankbaar vir die genade daarvan.

Thursday, January 29, 2009
Metro Mans

Ja, so leer ek toe ook van "metro mans" - dis glo mans wat in kontak is met hul vroulike kant. 'n Groot bonus vir ons Evas, dink ek.
So kry ek toe nou die anderdag 'n onverwagse wasdag-wenk van my man (Willem het hom nog nooit juis aan sulke banale dinge soos wasgoed gesteur nie, maar hy's darem nooit onwillig om bietjie hand by te sit as ek sukkel nie.). Hy't glo die wenk weer by 'n vriend (ook 'n getroude man, en nie bekend vir sy "domestication" nie, gekry.) Hulle het maniere bespreek om strykwerk minder te maak. 10 uit 10 vir hulle!!!
In my verbaasde brein wriemel daar nou baie tonele rond van mans wat by die vulstasie gou 'n wenresep uitdeel, wat oor die kinders se nuwe leerplanne wonder, wat spog met die witste wit hemp, en swart gimbroeke wat pikswart bly. Mans wat die golfstokke bietjie neersit om die nuutste "reukvrye" sokkies te bespreek. Mans wat kospryse by verskillende supermarkte vergelyk, en die voordele van 'n gebalanseerde maaltyd teenoor die tradisionele Braaivleis en -broodjies of pap onder oë neem.
Miskien sal hulle eersdaags so tussen die rugbybespreking deur, ook 'n woordjie of wat wissel oor die beste ruitskoonmaakmiddel, matsjampoe of stofsuiers. Die goed kos deesdae genoeg om enige man met groot oë na die huishoudelike begroting te laat kyk! Dalk kan hulle na 'n spogdrie sommer raadgee oor hoe om die grasvlekke weer uit die klere te kry ook!
Ek ken nogal 'n hele paar manne (waaronder my eie skoonseun, 'n besonder knap kok, met 'n groot liefde vir kosmaak) vir wie so 'n scenario nie te vreemd sal wees nie, maar hulle is almal so 'n bietjie jonger as die nuwe lede van die metro klub. Hierdie nuwe lede is nou so tussen 50 en 65 jaar oud.
Ek het hoop vir die wêreld.
Vroue probeer lankal 'n voet in die deur van die "manswêreld" kry, en slaag ook daarin - vind die omgekeerde nou ook in ons tradisionele Afrikaanse gemeenskap plaas? En waar laat dit die toegewyde huisvrouens onder ons? Dalk 'n bietjie frustreerd met die man wat inmeng? Dalk bietjie onseker oor ons eie vaardighede?
Ek dink dat ons die sakie uit 'n ander lig moet beskou: kom ons verwelkom hul aandag en hulp, en maak meer tyd vir die lekker saamwees in die lewe. Hierdie ouer metro manne is een van die dae, of dalk reeds, afgetree, en dan is hulle in elk geval meestal by die huis. So, wat keer ons om ook 'n potjie golf te speel, of gimnasium toe te gaan, lang ente te gaan stap, of wat ookal? Hoekom kan Pa nie ook 'n slag die taxi bestuur, of al die terug-skooltoe inkopies doen nie? Miskien kan Ma dan haar hare/naels laat doen, of gaan vir "scrap"-lesse sonder om skuldig te voel.
Man, daar's niks meer seksie as 'n sterk man, wat sy plek as man en pa van sy gesin met vaste voete volstaan en nog belangstelling toon in - en kennis dra van - die binnewerkinge van die huishouding ook nie.
Geniet die METRO EEU!
Thursday, January 15, 2009
O-o-o, die liewe gewig!
Nou-ja, na 'n baie geseënde Kerstyd en 'n wonderlike Nuwejaar, is dit nou weer tyd om die werklikheid in die spieël te staar. Kilo's het skelm kom nesmaak op plekke waar hulle nie baie welkom is nie. Om alles te kroon het die ou geraamte wat hoeka nie te waffers is nie, uiteindelik besluit om finaal sy misnoë te kenne te gee.
Dokters voorspel 'n volgende (4de) rugoperasie, maar dit is 'n groot risiko en ek moet maar liewer so lank as moontlik probeer om mobiel (met die hulp van 'n kierie of twee) te bly, en SOVEEL GEWIG AS MOONTLIK AF TE SKUD.
Gehoorsaam aan die medici en my eie "common sense" begin ek met die detoksprogram. Nie uiters aangenaam nie, maar ook nie dodelik moeilik nie. Vandag is die derde en laaste dag van detoks - dan begin die verslankingsprogram. Willem is ten volle met my, en beloof sy steun en samewerking, en sommer saamdoen ook. (Hy het ook lekker gekuier die vakansie). So, 'n SKRALER 2009 is ons voorneme en voorland - of die dame mag dalk haar mobiliteit verloor. Ek sal die verleentheid van "ek is te vet om te loop" (al is dit nie die hele waarheid nie) ten alle koste probeer vermy.
Hier kom 'n jaar van leë koskaste en 'n nuwe yskas vol water, tamaties, blaarslaai en kool - en sommer baie minder braaivleis, wyn en peuselhappies!
Groen groete

Subscribe to:
Posts (Atom)