Die Verjaarsdag “mousse-koek”
Tydsberekening: Nogal ‘n term wat baie belangrik is in ons Westerse samelewing. Ons leef mos hoofsaaklik gehoorsaam aan ons horlosies. Hoe anders kon dit nie wees nie….
Ten tyde van ons verblyf in Namibië, was daar ‘n belangrike vergadering om die verskaffing van broodnodige behuising in die Caprivi te fasiliteer. Die prinse (tradisionele leiers / stamhoofde) is lank vooraf kennis gegee, en uitgenooi na die vergadering, met breedvoerige verduideliking waarom hul bydraes by hierdie vergadering vir hul mense sooo belangrik was.
Op die betrokke oggend trek die afvaardiging uit Windhoek douvoordag weg met ‘n klein vliegtuigie. In die volksmond is hierdie vliegtuigies herdoop na “kotskoetse” omdat hulle so maklik deur wind en lugstrome rondgeskommel word met voorspelbare uitwerking op die passasiers.
10 uur het gekom en gegaan, met slegs die Windhoekers by die afgespreekte terrein. Hier van 12 uur se kant af het die prinse en hul gevolge drupsgewys begin arriver. Teen 3 uur die middag was nagenoeg almal daar.
So tussen die opening van die vergadering deur kon een Windhoeker dit nie meer hou nie, en hy sê toe iets soos: “You people don’t have time.” Die probleem was dat die vliegtuigie nie te laat weer kon opstyg nie, want Eros Lughawe lê binne in ‘n woongebied, omring deur berge, en landings na donker is baie gevaarlik, en word daarom nie toegelaat nie.
Een van die oudstes reageer toe met iets soos:”No, my Friend, you don’t understand. We have time – you people don’t have time, you have watches.” Hoe waar is dit nie…
So was my tydsberekening met Willie se kuier uit Taiwan ook maar swak. Twee dae voordat hy en ‘n Sjinese vriend sou arriver, word ek in die hospitaal opgeneem met onstabiele angina. Die laaste plek waar ek wou wees – en dit nogal in die hoë sorgeenheid waar besoekers beperk word.
Ek’s toe darem net een dag na sy aankoms voorwaardelik ontslaan, en was tuis vir ons verjaardae.
Toe wil ek ‘n koek bak vir my eie verjaardag. Willem se verjaarsdag het ons met Willie se plaaslike vriende by die Kuierbos gevier.
Die aand voor my verjaarsdag bak ek toe die deftige sjokoladekoek. Ek het mos van daai fênsie flip-floppanne met patroontjies. My koek sou soos ‘n roos lyk, en die versiersuiker wat ek daaroor sou strooi, sou al te pragtig lyk.
Die koek kom toe pragtig, en die toetspen kom skoon uit en als. Ek is egter te moeg om te wag totdat die koek afgekoel het, en laat staan dit toe om die volgende oggend (my verjaarsdag) uitgegooi en “versier” te word.
So gemaak, en koek se kind lyk baie aptytlik. Dit word kantoor toe geneem, want ons werknemers en kollega voel soos familie, en ons vriende loer ook gedurig daar in. Willie help hoeka om kaartjies te ontwerp, en Peter (die Sjinees) hou alles fyn dop.
Sekretaresse maak tee, en die koek word gesny. Wat ‘n verleentheid. Die koek is nie heeltemal gaar nie. Plek-plek is die deeg nog sommer slap – soos gesmelte sjokolade.
Vriend Johann wil weet of dit ‘n flop is, (watter verwagtinge koester diè wat my ken tog nie?) en of dit so moes wees. Catrien, my lojale vriendin help hom reg. “Nee, man Johann, dis ‘n sjokolade-mousse koek.”
Johann weet egter van eetgoed, soos meeste manne, en kap terug met: “O, hy mousse so wees.
Rou of gaar, skaars soos my gebak is, is daai hele sjokolade mousse-nie koek opgeëet, en wou die haarkapster van langsaan sommer die resep ook nog hê.
Volgende keer sal ek betyds begin bak en seker maak my gebak is, wel, geBAK.
Die stomme sjinese vriend dink seker ons eet alles maar so halfgebak…
Wednesday, September 2, 2009
Wednesday, August 5, 2009
Familiefoto's
Terwyl ek nou-die-dag soek na grafika vir 'n kaartjie, kom ek toe af op hierdie klompie ou foto's wat Swaer Theo skandeer en met ons gedeel het. Die foto's het my skoon nostalgies gemaak, en laat verlang na mense wat ek nie geken het nie, maar wel baie van gehoor het.
Destyds was daar nog tyd om gemoedelik te verkeer, en het die alledaagse dinge nog groot betekenis gehad. Die lewe was nie so erg gejaagd as vandag nie. Daar was nog tyd vir 'n kombersie oopgooi en piekniek hou, vir kitaar speel en poseer vir foto's op daai ou bokskameratjies wat vir ewig gevat het om te fokus, en dan was die glimlag al in sement gegiet, maar foto's is geneem.
Met Skoonma & -pa se troue, moes die blomme met die trein gestuur word - dit was in 1944. Die blomme het nie betyds opgedaag nie, en die dag se foto's is sonder die madonna-lelies geneem. 'n Paar weke later is die amptelike foto's - met blomme en al - geneem. Op die foto hier bo is net die geraamte van die bruidsruiker in haar hande. Dit het egter nie saak gemaak nie, want die twee is vandag nog steeds getroud! Wil gedoen word!!!
Op die foto regs bo sit Skoonma en haar oudste suster, Tannie Kitty. Twee mooie mense was hulle gewis. Language-meisies van Kennedy's Vale. Jane is eers heelwat later gebore, en ek dink nie sy is op een van die foto's nie. Ouma Baby, wat 97 jaar oud geword het, is wel saam met die huwelikspaartjie op die foto net onder die troufoto. Sy staan links langs Skoonpa Willem.
Lekker tye, en nog beter herinneringe.
Tuesday, July 28, 2009
Hoendertjies
Kyk hoe werk die lewe! Ek kan my geluk en my ore byna nie glo nie. Kort nadat die otter my van my kapokhoendertjies ontneem het, en homself seker pokkelpens gevreet het, kom vriendin Elsabè vra of ons nog hoendertjies soek. Sy het drie kapokkies (nog te jonk om die geslag maklik te bepaal, wat 'n nuwe huis soek. Haar bure kla, en hul honde eet ook graag hoendervleis.
Hier begin ek alweer. Pa se raad is om die slaaphok vir die hoenders op te hang (hoenders kan vlieg en ottergediertes nie). Ek's so dankbaar, en SO-O-O-O opgewonde.
Viva la Boerdery (in die kleinste kleine)!!!!!!

Wednesday, July 22, 2009
Die Lekker-Swaar van die lewe
My oorlede Ouma Ella,die wysste tannie wat ek geken het, het van tiener-blues gesê: "Meidjie, jy dink nou nie so nie, maar dis die lekker-seer van die lewe." Lang jare later het ek eers verstaan wat sy bedoel het.
Wanneer 'n mens die luuksheid het om oor kleinserige sake te kla, soos met die witbrood onder die arm, en steeds sonder moeite aan die lewe kan bly, dan kwalifiseer dit vir Lekker-Seer.
As die bron van jou irritasie 'n ekstra in jou lewe is, en dus nie allernoodsaaklik vir jou voortbestaan nie, dan is dit mos jou eie keuse om dit in jou lewe te hê, dus Lekker-Seer. Die rede waarom die irritasie steeds sit, moet wees dat daar wel voordele of genot ook aan die irritasie verbonde is, of hoe?
Soos my hoenderboerdery. Die mooiste ou goedjies, en 'n heerlike stokperdjie, MAAR daar's 'n wolf in die bos. Of liewer, 'n honger vlei-otter. Die dierasie het nou die laaste twee hoendertjies ook gevang en opgevreet. Ek wens ek kon dit verander, maar otters is ook al skaars, en hulle moet seker ook eet. My hoenders was nou lekker kitskos - maklik om te vang. Maar wag maar, ou Ottertjie, ek gaan weer kapokkies kry, en dan sal die slaaphok otter-proef wees. Jy sal dan voor die geslote hek moet staan en kwyl, of iets anders gaan vang. Die verlies van my hoendertjies is hartseer, maar ek kan nog ongedeerd met my lewe voortgaan - die uitdaging is net om die otter volgende keer te uitoorlê.
Lekker-Seer is wanneer jy nie seker is of die man waarin jy belangstel, ook so oor jou voel nie. Seer-seer is wanneer jou man na jare van getroude lewe nie meer belangstel in huis of gesin nie, en vir 'n egskeiding vra.
So is dit met menige mens en sy werksomstandighede ook die geval. Lang ure, morrige medewerkers, stowwerige kantore, noem maar op. Die klippie in die skoen wat naderhand voel soos die Rots van Gibraltar - vas en onvermydelik. Dikwels is daar net 'n vars manier van kyk nodig om die oplossing nader te bring.
Hoe gemaak met klere wat elke seisoen krimp? Maak nie saak hoe groot die nommer nie, die klere sit knap. Dis ook 'n Lekker-Seer, want jy kan nog nuwe klere koop, jy kan nog sien hoe dit lyk, jy gaan nog êrens heen waar jy wil goed lyk, jy eet nog - alles deel van die lekker. Seer-Seer is wanneer die klere weens siekte, ondervoeding, armoede soos sakke om jou hang, want dis vir iemand anders se lyf gemaak. Seer-seer is wanner die kindertjies se oë so groot soos pierings is, hul wangbene hol en hul magies boep van geen kos, of soms blare en gras eet.
Lekker-Seer is die vaal gevoel die oggend na die lekker onthaal van die vorige aand. Seer-Seer is die gesin wat elke aand in vrees en bewing sit omdat Pa of Ma weer by die kroeg langs huis toe kom, en "in 'n bui" sal wees. Dis seer as die broodgeld, of die dokter se geld ook in die kroeg agtergebly het.
Lekker-Seer is wanneer 'n ma haar tiener moet aanspreek oor haarstyl, kleredrag, tafelmaniere, telefoonetiket. Seer-Seer is wanneer die tiener voor jou sit, maar so onbereikbaar ver is soos die anderkant van die wêreld, want die dwelms beheer hom/haar nou.
Lekker-Seer is om te moet raas as die tiener te laat huis toe kom, of nie laat weet het dat die partytjie langer aangehou het nie. Seer-seer is as jy nie weet waar jou kind is, of hoe om hom/haar in die hande te kry nie.
Lekker-Seer is wanneer jy meer tyd aan jou begroting moet afstaan om al die gaatjies toe te stop. Seer-Seer is wanneer daar niks is om mee of voor te begroot nie.
Die verlies van my hoendertjies, is definitief deel van die Lekker-Seer. Uit en uit lekker gaan dit wees om weer van voor af te begin met nuwe hoendertjies in 'n otterdigte slaaphok.

Tuesday, July 21, 2009
VIR PA
Hierdie blog is gewy aan ouerwordende mense wat diep en ver dink....
My man (Willem)het hierdie brief aan sy broer geskryf en gevra dat dit vir sy pa van amper 93 gelees word na 'n diep gesprek tussen pa en seun tydens ons kuier in Limpopo (sien oudword is nie vir sissies nie).
VIR PA
Pa vra my nou die dag: “Wat gebeur as ons doodgaan?”
Ek sit met my mond vol tande en wonder wat om te sê. Probeer moed in praat vir die laaste skof, want pa is al verby twee en negentig. Kry dit egter nie bevredigend reg nie. Hy sukkel ook om my te hoor en my hart is seer.
By die huis soek ek na antwoorde, maar dit bly my ontwyk.
Vanoggend in die bybelstudie kry ek die antwoord in verskeie samestellings.
In Maleagi 3:16 – 4:3 staan:
“Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan.
………………………………..
Hulle sal vir My ‘n kosbare besitting wees die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige.
Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.
………………………………..
Maar vir julle wat eerbied het vir My Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.
………………………………..”
Dit laat my dink aan die verhaal waar die dokter die baie siek oom in sy spreekkamer ondersoek en die oom sê vir hom hom.
Dokter, ek is bang om dood te gaan! Vertel my wat wag aan die anderkant.
Die dokter antwoord sag:
Ek weet nie oom.
Die oom antwoord:
Jy weet nie, en jy noem jouself ‘n christen!
Op daardie oomblik is daar ‘n gekrap aan die deur, Die dokter staan op en maak die deur oop. Sy hond spring teen hom op, baie bly om hom te sien. Hy draai om na die oom toe en sê vir hom:
Het oom my hond gesien? Hy was nog nooit in hierdie vertrek nie en het ook nie geweet wat hierbinne aangaan nie.
Hy het niks geweet behalwe dat ek hier is nie, maar toe die deur oopgaan het hy sonder vrees ingespring.
Oom vra my wat gebeur. Al wat ek weet is dat my Meester daar vir my wag, en dit is genoeg.
Verder lees ek in Efesiërs 2:8-10
“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op himself trots te wees nie. Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”
Dankie pa dat pa vir my die pad gewys het!
Willem Knoetze
21 Julie 2009

Monday, July 13, 2009
Subscribe to:
Posts (Atom)