As mens begin ouer word, verander die gespreksinhoud van kinders na kleinkinders, van werk na stokperdjies, en van algemeen na gesondheidsake, brille, pille, hospitale en dokters. Dis nou maar net een van daai sewe-en-twintig of so nuwe feite van die lewe. 'n Mens kan dit vermy en vereensaam, of dit aanvaar en tussendeur baie humor raakloop.
By 'n onlangse funksie vertel 'n nuwe vriendin ons die storie van haar gastrosokopie. Dit klink nogal baie aardiger as wat dit was.
Ista se storie begin met die feit dat sy nou vir die eerste keer in haar lewe, hier na aftrede, 'n kredietkaart het. Sy is nie 'n finansiële ghoeroe nie, en na 'n vorige probeerslag het haar man, Jan, haar belowe dat sy nooit ooit weer haar hand aan 'n tjekboek sal slaan nie.
Vir die kredietkaart is sy so bang as die duiwel vir 'n slypsteen, want sy verstaan nie hoe die ding werk nie. Wat sy wel weet, is dat daar ten alle tye ten minste R10,000-00 in die kaart moet wees. Die bedrag moet haar deurdra in die gevallentheid dat Jan haar dalk sou ontval - siende nou dat sy geen tekenregte op enige van hul gesamentlike geldbêreplekkies het nie.
Hoe dit gekom het dat sy sonder tekenregte sit, is nou weer 'n ander storie. Jare gelede het hulle in 'n baie welvarende gemeenskap gebly. Haar man was die skoolhoof, en sy 'n onderwyseres. Hulle moes tog met hul medemens meng en sosialiseer. Die vrouens van die omgewing het die een Tupper-partytjie na die ander Press-less partytjie na die ander Reeva-, Annique-, Justine-, Avroy Schlain of watter moontlike partytjie daar was, gehou. Die een geleentheid was groter en spoggeriger as die ander, en die vrouens het ewe lustig hul tjekboeke uitgehaal en tjeks geteken vir al hierdie aankope waardeur hulle mekaar dan ondersteun het, en die ekonomie aan die gang gehou het.
Ista het toe ook gevoel dat sy soos 'n seer duim tussen hierdie dames uitstaan omdat sy so in haar beursie moet rondkrap vir 'n geldjie om haar minimale aankope mee te betaal. Sy het haar situasie vir Jan verduidelik en gemotiveer, en hulle is bank toe om tekenregte te reël - op die gesamentlike bankrekening.
Vir die volgende maand was Ista dan ook een van die dames. Sy het elke partytjie bygewoon, en vir haar aankope met die tjekboek betaal. Sy het dit geniet om tjeks te teken asof dit 'n alledaagse ou takie was. Haar borrel het egter gebars toe Jan die eerste bankstaat na haar emansipasie oopmaak. Sy is van haar tekenregte ontneem met die duidelike belofte dat dit NOOIT WEER herstel sal word nie.
Op welke manier die kredietkaart veiliger sou wees, is nie vir my heeltemal duidelik nie. Ek kon wel agterkom dat Jan die rekening elektronies, met behulp van die rekenaar, bestuur. Een van haar dogters se vorige kêrel, het ook vir Ista geleer om die kitsbank, of soos sy sê, die kaartjiemasjien, te gebruik. Sy kom dus oor die weg. Iewers is daar egter nog 'n onduidelikheidjie: Ista sê dat sy op 'n stadium R13,000-00 of so in die kredietkaart gehad het. Jan het toe op die rekenaar gewoel, en wys haar toe dat daar nou R10,000-00 is "wat wys". Die ander geld is glo nog daar iewers (in die kaart of die rekenaar), maar 'n mens kan dit net nie sien nie.
Ista gaan dit ook nie soek nie, want sy is, in haar eie woorde, rekenaar-gestremd.
Dit bring ons nou weer by die gastroskopie. Ista moes 'n gastroskopie ondergaan. Jan reël vir al die magtigings en nommers en goed by die mediese fonds, en faks die nodige deur na die dokter en die hospitaal.
Toe alles gereël is, neem Jan haar na die hospitaal. Op pad soontoe ontvang sy 'n SMS wat sê dat sy moet onthou van die R2,000-00 bybetaling wat sy moet maak. Sy lees dit vir Jan, en hy gooi amper die motor om van skok. Dit is nie moontlik nie, want hy het al die magtigings en nommers en goed deurgefaks. Hy weier om 'n bybetaling te maak. Ista noem dat hulle in 'n noodgeval miskien die kaartjie kan gebruik, maar Jan staan vas. Alles is gereël.
Terug huis toe om te bevestig. Nee, alles is reg. Hy bel weer die mediese fonds om seker te maak dat daar nie 'n verwarring met die nommers is nie. Nee, al die magtigings is geldig, en die nommer is korrek.
Teen hierdie tyd is hulle nie meer so erg betyds vir Ista se afspraak met Dr. Retief nie. Haar senuwees is redelik dun geskaaf. Sy wil net die gastroskopie gedoen kry, en klaar. Sy kom nie weer nie. Vandag is die dag, en klaar. Sy weet ook dat Dr. Retief nie vir haar gaan wag nie. Haar teatertyd is haar teatertyd. As dit verby is, is daar ander pasiënte wat wag.
Jan het ander planne. Hy gaan nie 'n bybetaling maak nie, en klaar. Hy het die magtigings gekry. Sy plig is nagekom. Die mediese fonds sal betaal.
By die hospitaal aangekom word Ista se ergste vrese dan ook bewaarheid. Die mense by ontvangs vra die R2,000-00 bybetaling.
Ista sê haar man sê dis nie nodig nie, hulle het magtiging.
Hospitaal sê die bybetaling moet gemaak word.
Jan sê oor sy dooie liggaam.
Ista dood van skaamte, en plaas al haar hoop op die kaartjie met die geld vir Jan se begrafnis. Dit ontaard in 'n ietwat onaangename situasie, en die tyd stap aan.
'n Verpleegster kom naderhand vir Ista haal. Sy is laat vir haar opname. Ista gee in die wegloop gou haar kaartjie vir die ontvangsbeampte, en gaan saam met die verpleegster wat nie kan wag om bloeddruk, polsslag en wat nog te neem nie. So oor haar skouer sê Ista vir die ontvangspersoon dat sy tog maar die geld uit die kaartjie moet neem. Wat hulle met Jan moet doen, moet hulle maar doen, maar sy wat Ista is, gaan nou vir die gastroskopie.
Terwyl die verpleegsters haar opnamekaart voltooi, maak sy net verskoning vir ingeval haar bloeddruk dalk hoog is - dis Jan se skuld. As haar polsslag te hoog is, is dit ook Jan se skuld. Sy makeer gewoonlik niks nie.
Op die ou end is haar gastroskopie toe darem gedoen, en is daar nou net R8,000-00 in die kaartjie vir Jan se sterfte - plus natuurlik daardie ander R3,000-00 of so wat onsigbaar is.
Dit was egter nie die einde van haar nagmerrie nie, want daar kom toe nog 'n kwessie ter sprake. Daar het aftrekkings, twee van hulle, op die bankrekening deurgegaan waarvoor hulle nie begroot het nie. Soort van ongemagtigde aftrekkings, as mens die woord nou so ydelik mag gebruik.
Jan praat met die bankpersoneel, en hulle beloof om 'n e-pos te stuur met die verduideliking. Jan, wat weer 'n tydelike pos na sy aftrede aanvaar het, sou nie tuis wees om die e-pos te ontvang nie. Ista word aangesê om die e-pos in te wag, en vir hom aan te stuur na sy werksplek.
Sy weet nie hoe e-pos werk nie. Jan sal haar gou die aand touwys maak. Hy sal ook die volgende oggend sorg dat die rekenaar aangeskakel en op "die regte bladsy" is.
Toe vir die opleiding: Eers moet sy op "clear" klik. Dit is regs bo iewers. Sy doen dit. Nou moet sy op iets anders dubbelklik. Sy klik, en klik en klik. Niks gebeur nie.
Jan beduie dat sy moet dubbelklik. Intussen skryf sy elke woord neer, want sy moet dit die volgende oggend net so oordoen.
Na die dubbelklik, beduie Jan, sal daar iets 'opkom' wat nie nou kan opkom nie, want die e-pos is nie daar nie.
Ista skryf dit neer.
Nou moet sy op dit wat sal opkom, maar wat nie nou opgekom het nie, dubbelklik.
Ista skryf dit neer.
So gaan hulle deur die hele proses. Die adres wat sy moet intik, maar wat sy nie nou al kan intik nie, en alles.
Getrou skryf sy dit alles neer.
Sy wil weet hoe sy sal weet wanneer om te begin clear en klik en dubbelklik. Jan stel haar gerus. Die rekenaar sal mos aangeskakel en reg wees, en sal dan 'n geluid maak as die bank se e-pos deurkom, en dan moet sy tot aksie oorgaan.
Die volgende oggend, so vertel Ista, is sy vroeg paraat en voor die rekenaar. Die rekenaar is reeds aangeskakel.
Sy maak nie die tuin nat nie, sy skakel nie die radio aan nie, sy sit nie kos op die stoof nie en die wasmasjien bly afgeskakel, want sy moet hoor wanneer die rekenaar sy geluid maak wat haar tot aksie moet aanpor.
Die aand met sy tuiskoms wil Jan belangstellend weet hoe haar dag verloop het.
Ista sit steeds voor die rekenaar en wag. Geen geluid het daaruit gekom nie.
"Ag, toemaar", is Jan se antwoord. "Ek het sommer gou vanoggend bank toe gegaan en die sakie daar uitgeklaar....."
Net sommer so.
Tuesday, November 15, 2011
Thursday, October 20, 2011
Spore in die sand
Ek dink almal weet hoe rustig en kalmerend, praat nie van gesond dit is om laatmiddag, wanneer die skaduwees so l-a-n-k word, op die strand te stap. Dis mos of mens se siel dan weer die geleentheid kry om saam met die ou liggaam 'n slag diep asem te skep, en te voel hoe die vars seebries al die spinnerakke en ander onsuiwerhede laat verdwyn. Die muwwerigheid wat maar met die tyd in jou gemoed opgebou het, word verdryf, en 'n sprankelende nuwe varsheid kom oor jou.

Sien ek die skulpspoortjies wat so liggies oor die sand lê, besef ek weer dat selfs die kleinste gebaartjie en gedagtetjie 'n merk laat. Hierdie merk kan deur die hoogwater van verootmoediging skoongespoel word, of, as die hart verhard is, soos 'n fossiel in my binneste versteen en later alles wat sag en funksioneel behoort te wees, oorneem en vereelt.

As ek regtig genoeg tyd het, kan ek die voetspore in die sand lees, en verstaan hoe wonderlik die gawe van tweede kanse regtig is. Waar hierdie diep spore nou lê, sal daar na hoogwater weer 'n skoon stuk strand wees. Vir my is dit soos gebed en vergifnis saamwerk om elke nuwe dag vir my weer sprankelend en skoon aan te bied. Al wat ek moet doen is om elke dag daardie spiksplinternuwe geleenthede so te benut dat die spore wat ek agterlaat 'n mooi storie van Waarheid vertel totdat hoogwater weer aanbreek om skoon te maak.
As ek omkyk, kan ek my eie spore sien, en dan lê die lang skaduwees agter my. Voor my sien ek die goud van die ondergaande son. Al die beloftes van rus wat voorlê is daarin opgesluit. So ook die belofte van môre se nuwe begin.
Tuesday, September 6, 2011
Nog in Kimberley
Ons kleinnigie Lenie, wat ook ons kleinste niggie (ver onder die outydse vyf voet lank) is, is ook 'n platjie van formaat. Sy vertel hoe sy en 'n blinde vriendin, Erika, jare gelede ook in Kimberley gaan inkopies doen het. Dit was in die dae van die eerste ATM'e. Hoewel Erika 'n tjek kon teken as Lenie haar hand na die regte plek lei, en Lenie dan die geld by 'n kassier kon trek (vir die sekermaak dat die bedrag reg uitgetel word), besluit Erika die dag dat hulle van die kitsbank gebruik gaan maak. Die besluit het meer verreikende gevolge gehad as wat een van die tweetjies besef het.
Die eerste ATM'e was nie so gebruikersvriendelik as mens 'n lengtebeperking gehad het nie. Die skerm waar mens die volgende opdrag kon lees, was baie hoog. Wat die twee vriendinne nie besef het nie, was dat mens dit kon vertstel om, baie soos 'n motor se truspieëltjie, 'n bietjie toegankliker te wees. Soos dit seker maar moes wees, was die kliënt voor hulle lank van gestalte.
Lenie het glad nie geweet hoe die "BOB-bank" werk nie, maar is immer gereed om te leer. Erika het glo geweet. Sy kon "lees" en het gereeld boeke op band uitgeneem om in pas te bly met die wêreld om haar. So kom die tweetjies uiteindelik ook voor in die tou. Erika sê vir Lenie om die kaart in die gleuf te druk. Dis doenbaar. Nou fluister sy haar geheime nommer in Lenie se oor. Lenie tik dit in.
Niks.
Erika sê vir Lenie om de instruksies te lees. Lenie kan die skerm nie sien nie, dis te hoog.
Erika het reeds 'n plan. Sy sal buk, en Lenie moet dan op haar rug staan sodat sy kan 'bykom' om te lees. "TRANSAKSIE GEKANSELLEER TYD VERSTREKE"
Terwyl die ry agter hulle, sowel as die kring van toeskouers om hulle groei, probeer hulle nog 'n paar keer. Die opklimmery neem elke keer net te lank. Telkens is die transaksie onsuksesvol en word dit gekanselleer.
Onwillig om die geheime nommer met vreemdes te deel, het hulle maar weer by die teller gaan geld trek vir die inkopies.
Die aankope is altyd oor twee dae versprei. Op dag een is daar met Erika se lysie na die drie supermarkte gegaan om elke item se prys te kry. Die volgende stap was om te bepaal watter item by watter supermark de goedkoopste was, en dan drie lysies op te stel. Een vir elke supermark. Op dag twee is daar dan by al drie die winkels gaan koop.
Op die dag van die ATM was die twee vriendinne op hul stukke. Nadat hulle die straat oorgesteek het van die een winkel na die ander, vra Erika waar Lenie haar donkerbril gekoop het. Lenie het dit by die vorige winkel, nou aan die oorkant van de straat, gekoop. Erika wil ook 'n donkerbril hê, en terstonds word die straat weer oorgesteek.
Lenie moet nou vir Erika 'n mooi donkerbril uitsoek. Lenie wil hê dat Erika die brille moet aanpas om te voel watter een gemaklik sit. Dit is nie wat Erika beplan het nie. Sy wil die bril hê om so tussen haar vingers vas te hou soos die heldinne in die boeke wat sy so graag lees (luister). Sonbril gekoop, moet Lenie nou help met die vashouery. Dit moet 'n stylvolle vashouery wees, wat by 'n heldin sal pas. Lenie help en gee raad. Hulle besluit dat Erika haar pinkie in die lug moet hou, en die bril net so liggies moet vashou - nie vasklou nie, en soms liggies daarmee speel.
Weer oor die straat. In die volgende winkel is hierdie bril nou behoorlik in die pad. Erika "kyk" mos met haar hande. Met net een beskikbare hand voel sy regtig half blind. Daar is egter vir alles 'n plan. Erika moet 'n mooi kettinkie kry sodat die bril ook om haar nek kan hang. Apteek toe vir die kettinkie.
Hier moet ek weer bietjie halt roep om ietsie meer van Erika te verduidelik. Haar blindheid het nie haar identiteit geword nie. Vir haar was haar blindheid 'n klippie in haar skoen - 'n ongemaklikheid waarmee sy moes saamleef. Dit was net nog 'n hindernis waaroor sy moes kom in haar lewenspad. Haar uiterlike voorkoms het nie haar blindheid ooglopend uitgestal nie, en uit haar geselskap kon mens nie maklik agterkom dat sy effens anders moes kyk nie. Die apteker was nie bewus van haar blindheid nie.
Lenie kom toe agter dat hulle te min geld het, en bied aan om sommer gou nog te gaan onttrek. Erika sou met die inkopietrollie in die apteek wag. Met haar terugkeer bars Lenie uit van die lag. DIe apteker lyk verward. Hy het geen idee waarom die vrou met die trollie hom so totaal ignoreer nie. Sy draai glad haar rug op hom. Erika staan met trollie en al, sonbril liggies in die hand, pinkie in die lug, vir die kaal muur en kyk. Haar rug is na die apteker gekeer, maar sy staan ewe nonchalant met die bril en speel.
Nadat Lenie aan albei verduidelik het wat aan die gang was, en hulle die vriendskap met 'n lekker saamlag verseël het, kon daar toe voortgegaan word met die aankoop van die ketting. Met die wegstap sê Erika: "Nou kort ek nog net 'n potlood vir my oor."

'n Kimberleyse dag om te onthou
Ek lees nou-die-dag 'n staaltjie van die mannewales wat 'n reisende slang by 'n inkopiesentrum in Kimberley veroorsaak het. Dit was skreeusnaaks, en ek kon die verwarring in my verbeelding gadeslaan. Die skrywer was baie grafies in sy/haar beskrywing. Jammer my geheue is so vol gate dat die outeur se naam deur een geval het. Skoonveld weg!
Elk geval, ek het die storietjie net soveel as my liewe man geniet. Dit gebeur nie aldag dat hy vir my 'n leesdingetjie aanbied nie.
Dink net: Die klante kom elke met sy eie gedagtes en bedenkinge met leë beursies en vol (of halfvol) inkopiesakke op die parkeerterrein aan. Elkeen wil so gou as moontlik van sy las ontslae raak en by sy/haar volgende bestemming uitkom. Ons raak mos so betrokke by ons eie sake dat dit 'n redelike groot affêre vat om ons aandag te trek.
Reeds besig om die middag se karweiery van kinders draai vir draai te beplan, of besig om die spyskaart vir die ete vanaand te vervolmaak, word die aandag wreed en sonder waarskuwing wegetrek na meer onmiddellike sake. 'n Paar mense gil uit volle bors en almal word terugeruk na dieselfde wêreld waar die ander mense ook beweeg.
'n Statige en rysige dame draai tiekie op haar stiletto's, die man wat reeds jare in sy boep belê, raak eensklaps luid van 'n klomp wind ontslae, twee van die sterkste hoëproesters by die plaaslike oefentempel help mekaar soos ballerinas op 'n ander oom se bakkie en gil soos dogtertjies.
Dit alles gebeur omdat slang se kind wil wegkom uit sy (nou te) warm ryplek onder Toeks se motortjie.
In my geestesoog sien ek dat al die "belangrike" sake wat almal tot dusver so onbetrokke gehou het, nou van hul dringendheid verloor.
Te danke aan die einste glansende paradysbewoner wat mens soms na donkertes toe lei, sien ons mekaar weer raak . Ons lag saam, ons deel 'n paar verligte woorde met 'n totale vreemdeling, ons help Mev. van Aansien deur haar uit haar floute van die (nou) lewelose slang af op te help en bietjie af te stof; om weer oor die weg te kom op haar haklose stiletto's, en weer 'n bietjie waardigheid terug te kry. So word 'n gewone dag vol van sleurwerk en remmende verpligtinge skielik omtower in 'n dag om te onthou.
Dit vra net een insident.

Saturday, July 9, 2011
Spiere en ander bulte en knoppe
Vanoggend na my heerlike warm stort, beland ek met die afdroogslag voor die spieël. Dis nou een ding wat ek nie sommer gereeld of aspris doen - om poedelkaal voor die spieël te staan - nie. Daar is genoeg geldige redes vir hierdie huiwering om die naakte werklikheid in die oë te staar. Ek meen, ek is nie meer 25 jaar oud nie!
In elk geval, die stoom was my vandag genadig. Dit wat ek gesien het, was soos die dowwe beeld in die raaisel. Net genoeg om die nuuskierigheid te prikkel.
My gedagtes neem toe weer hul eie koers. Begin vergelyk my bo-arms, waar ek hulle nou aspris uitstrek soos 'n voël met nat vlerke, met dié van die ystermanne wat ons gereeld op TV sien.
So deur die stoom is die verskil nie te groot nie. Nie in grootte nie, maar wel in fermheid, moet ek darem erken. Waar die ysterman se bulte ferm gestop is met die sterkste spiermateriaal, is my hamme (of soos Merriam Sekotho dit beter beskryf, my "steaks") losweg gestop met korrelrige vetweefsel.
Troos my brein homself toe so: Na nog sowat twintig jaar is ek en Ysterman weer in dieselfde bootjie - hy sal dan ook net waag om sy bo-arms deur die stoom te bekyk. Sien vet bly staan - behalwe as mens hard daaraan werk om daarvan ontslae te raak. Spiere vergaan as mens nie hard werk om dit te behou nie. My aweregse logika sê dus dat ons oor twintig jaar albei na leë hangende velle gaan kyk, en verlang na 'n goeie plastiese sjirurg!
Ek mag dalk selfs beter daaraan toe wees en steeds volgestopte "steaks" met my saamdra - ag, behoede my tog daarvan. Dan liewer die leë velletjies.
Volgende keer mag ek dalk die moed hê om verder as dit te kyk.

Tuesday, June 28, 2011
Ontwaking - eerste oggend na 'n nag sonder sweet.
Goeiemôre wêreld!
Vanogend lyk die dag so mooi en skoon. Die see lê blou en kalm deur my studeerkamer se venster. Alles het meer kleur, die lug ruik vars, ek voel mens.
Ek besef dat ek die laaste klompie maande so op die rand van 'n baie diep en donker gat rondgesteier het. Dit was net die mense om my wat gekeer het dat ek heeltemal intuimel. Ek self het dit nie heeltmal besef tot vanoggend toe nie.
Die behandeling teen borskanker, wat uit mastektomieë en tamoksifien bestaan het, was suksesvol, maar moeilik. Die newe-effekte van die pille het my sleg getref. Ek hoor dat dit nie vir almal ewe erg is nie, maar ek was een van die ongelukkiges.
Net meer as 'n week terug het ek die groen lig gekry dat dit OK is dat ek die pille al in Januarie uit my eie gestaak het. Die gloede en strome van sweet het egter voortgeduur. Hoewel die gereeldheid van die gloede afgeneem het, het die intensiteit toegeneem, en het een van my personeellede gesê dat ek reën. Dit het behoorlik so gelyk. Ek het opgradeer van 'n handwaaiertjie a la ouwêreldse edelvrou, na 'n hoop snesies, na 'n rol kombuispapier in my (Groot) handsak, na 'n opgerolde gesighanddoekie in dieselfde handsak. Hare en vel se versorging het heeltemal agterweë gebly.
Verlede nag het ek nou wel baie laat aan die slaap geraak, maar ek het nie gesweet nie! Ek voel vanogend soos 'n nuwe mens. Ek is sekerlik nou 'n hele paar treë van die gat af. My gemoedsbesoedeling is beter! Sommer baie beter. Ek sien weer kans vir alles wat die toekoms kan bring - ook die groot rugoperasie wat voorlê.
Dankie, dankie, dankie!

'n Jong man om dop te hou
Ek ken 'n jong seun van 16 jaar. Ek moet eintlik sê ek's bevoorreg om hierdie besondere 16-jarige jong man te ken.
Christo is nie die sterkste, die slimste of die sportiefste seun wat ek ken nie, maar hy is 'n man van integriteit en ware insig. Christo loop met 'n hart vol liefde vir sy medemens rond wat mens nie by baie volwassenes of selfs bejaardes kan vind nie. Omdat hy miskien uit 'n ander hoek na die lewe kyk, is sy waarnemings dikwels vir my verstommend.
Christo werk hard om op skool te presteer, en dan kom hy nog steeds nie met Wiskunde reg nie. Die merkwaardige hieraan, is dat hy nie toelaat dat dit sy selfbeeld knou nie. Hy weet 'n mens bestaan uit baie meer as die vermoë om Wiskunde te bemeester - ten spyte daarvan dat daar in ons dag en lewe soveel klem op juis hierdie vaardigheid gelê word.
Die terrein waarin Christo uitblink, lê meer op die vlak van die menswetenskappe. Aangesien hy so jonk is, neem baie hom nie eintlik ernstig op nie, maar dit pla hom ook nie. Sien, hy is nie daarop uit om lof of eer te versamel nie. Hy is vol vertroue in sy talente en sy doel op die aarde. Dit was nie vir hom vreemd om in die laerskool as hoofseun gekies te word nie, en hy het die taak baie ernstig en met groot verandwoordelikheid bejeën.
Hy is nou in die hoërskool, en is weer as klasleier en leerlingraadslid verkies. Toe hy egter raaksien dat 'n vriendjie van hom bitter graag op die leerlingraad wou wees, het Christo na die betrokke onderwyser gegaan en aangebied om afstand te doen van die leerlingraadsamp vir die jaar, sodat sy vriend ook 'n geleentheid kan kry om sy leierskapseienskappe uit te leef. Christo is seker dat hy wel later weer die geleentheid sal kry om leier te wees.
Ek glo dat die grondslag vir Christo se "ou siel" te vinde is in sy liefde vir Jesus. Dit is eintlik waaraan 'n mens hom ken. Op die oomblik is hy saam met die volwassenes van sy plaaslike gemeente in Mosambiek op 'n uitreik. Hy behartig die jeugwerk, en stel sommer 'n voorbeeld vir sy jonger boetie, Johann. Johann het al verlede jaar gehelp met die kinderklassies.
Christo is as junior kerkraadslid in die gemeente verkies, en met die voorstelling van die kerkraadslede was hy saam met volwasse ouderlinge en diakens voorgestel. Christo is junior diaken. Hy was die enigste nuwe kerkraadslid wat 'n spreekbeurt gevra het om aan die gemeente te verduidelik dat hy nie daar voor hulle staan vir die status, die eer of iets van die posisie nie, maar dat hy deur die Here geroep is om die gemeente te dien, en dat dit is wat hy wil doen.
Tydens die afgelope Daniël-konferensie waarby hulle gemeente betrokke was, moes hy 'n moeilik keuse maak. Dit was boetie Johann se verjaarsdag, en die gesin sou dit by Buffelspoort gaan vier - vir die hele naweek. Die Donderdag voor die naweek het Christo baie ernstig met sy ouers en boetie gepraat, en gesê dat hy ongelukkig nie die naweek kon saamgaan na Buffelsport toe nie, want hy moet na die konferensie toe gaan. Sy redenasie was dat hy enige dag kan partytjie hou, maar dat geleenthede om te dien en opgelei te word in die belangrike dinge van die lewe, net nou en dan voorkom, en dat hy nie kan bekostig om dit mis te loop nie.
Dit het my laat dink aan 'n ander Seun wat tydens 'n fees wegeraak het, en later aan sy ouers verduidelik het dat hulle moes geweet het dat hy besig moet wees met die dinge van Sy Vader....
Christo Potgieter, ek hou jou dop. Ek wil graag sien watter koers jou lewe gaan inslaan. Ek weet dat dit iets besonders gaan wees. Intussen bid ek dat jy bewaar sal word, en dat jou pad die heeltyd so helder voor jou sal ooplê. Die wêreld het manne soos jy baie nodig. Hou so aan!!!!

Subscribe to:
Posts (Atom)