Die Hond-gevoel
Wanneer is
dit die regte tyd om ‘n geliefde wat aan Alzheimer se siekte ly, na ‘n plek van
versorging te stuur?
Hierdie
vraag word so dikwels gevra, en tog is daar geen duidelike antwoord nie. In ons
geval (letterlik en figuurlik) het die besluit homself geneem.
My ma ly
aan Alzheimer se siekte, en ons het in dieselfde huis gebly. Ma was relatief
gemaklik om te versorg en omdat sy stillerig van geaardheid is, was sy nooit
vir ons ‘n verleentheid nie.
Toe die
fisieke aftakeling egter begin, het dit ‘n perd van ‘n ander kleur geword.
Skielik kom
Ma nie meer winkels toe gaan nie, want sy kan nie so ver loop nie. Sy weier om gemaklike skoene aan te trek,
want dan lyk haar voete so groot en so lank.
‘n Loopapparaat het in die huis gehelp, maar sy wou om die dood nie
strate toe met die karretjie nie – en kerk
toe: glad nie. Die menses al vir haar lag, was haar verweer.
Op ‘n keer
het sy wel ingestem om met die karretjie dorp toe te gaan, maar toe wou sy
opsluit hakskoene aantrek. Selfs ék het
gedink die mense gaan vir ons lag. Op die ou end is ons toe darem dorp toe met
gemaklike skoene en die karretjie. Haar
Rolls Royce is van dié soort met ‘n sitplekkie ook. So, sy kon plek-plek gaan sit as die bene te
lam word. Ongelukkig is die Rolls Royce
nou nie so ‘n goeie plaasvervanger vir ‘n rolstoel nie, want as Ma gestoot wil word,
moet sy haar voete in die lug hou. Dít is glad nie so gemaklik as mens reeds ‘n lamheid in die bene het nie.
Hierdie
goedjies kon ons almal nog soort van hanteer.
Min het ons
geweet wat voorlê. Op ‘n dag val Ma van
die rusbank af waar sy gelê het. Sommer net so, val sy af. Ek en die huishulp kan haar nie optel nie, want dis
nou dooie gewig wat daar lê. Ma is met kussings en wat nog gemaklik gemaak, en
moes toe maar daar lê totdat Manlief huis toe kom. Ons het gedink dis ‘n geïsolerde geval, maar ons was verkeerd. Die nuwe patroon was dat Ma val.
Ma val in
die hysbak (trappe is lankal nie meer ‘n moontlikheid nie), Ma val in die
badkamer. Ma val van die toilet af. Ma val van die bed af. Ma val later tot
drie keer op een dag. Ons probeer keer,
maar dis nie altyd moontlik nie, selfs
al is ek aan haar sy. As die val kom,
dan kom hy. ‘n Wildvreemde man wat saam met familie hier aankom is darem een
keer in die gelukkige posisie om te sien Ma gaan val, en haar betyds te vang.
Ma is later
vol blou kolle en pyne. Op ‘n wonderbaarlike manier het sy nog niks gebreek
nie. Ek bedoel nou soos ‘n heup, of ‘n
been, of ‘n rib of so iets. Ma is so
broos, dit breek my hart.
Op Nuwejaarsdag
net na ete, is ek besig om die vuil skottelgoed kombuis toe te dra toe ek ‘n
slag en ‘n gil agter my hoor. Ek is
omtrent drie treë van Ma af, maar dis drie treë te ver en drie leeftye te laat, voel dit vir my.
Nadat ons Ma
opgehelp en tot op ‘n gemakstoel gekry het, kla sy dat sy seerkry as sy diep
asemhaal. Ek is bang dat Ma nou ‘n rib
gekraak of gebreek het. Sy het baie hard
geval. Sy was die een oomblik nog besig
om die plekmatjies aan tafel bymekaar te maak, en die volgende oomblik lê daar
twee stoele omgeval, en Ma se kop het die teetrollie weggestamp. Alles op die harde teëlvloer van die eetkamer.
Ons neem Ma
hospitaal toe. Daar is niks gebreek
nie, maar ai, dit voel so sleg om haar
so in pyn te sien lê. Die ergste is
eintlik dat sy nie mooi weet hoekom sy in die hospitaal is nie. Ma ken hospitale, en sy het al baie tyd daar
deurgebring met haar hartprobleme. Sy is verward. Elke keer as ons vra hoe dit gaan, sê sy dit
gaan baie beter, dankie.
Sy stel ons
voor aan haar suster, wat van Gauteng af hier kom vakansie hou het, en met
hartversaking in dieselfde hospitaal beland het, so drie dae voor Ma se opname. Ma weet egter nie wie die vrou in die
rolstoel by haar bed (kotkante op) sit nie.
Sy vertel dat sy die vrou hier anderkant by ‘n huis ontmoet het. Dis nou nie ons huis nie, maar ‘n ander
huis. Toe kom hulle somer saam-saam
hospitaal toe. Die hele geskiedenis van hoe haar suster kom kuier het, en díe se moeite om tot hier te kom, al die huisgaste, die kuiery, en die
susters se woordelose samesyn is weg. Dis ‘n vreemde vrou wat nou hier saam met
haar in die hospital sit. Selfs Tannie Bettie is sprakeloos, en dít wil gedoen word.
Ek en my
broers besef dat dit nie so kan aangaan nie.
Met Ma vir nou veilig in die hospitaal, begin ons in alle erns na ‘n oplossing
soek.
Daar was
voorheen tuisversorgers, nog deur oorlede Pa gereël, maar dit het nie so goed
uitgewerk nie. As Ma die versorger in
die huis laat bly, voel dit vir haar die vrou is haar gas, en wil sy die
heeltyd onthaal. Sy kan dit nie meer doen nie, en dan voel sy sleg.
As die vrou toegelaat word om haar te help, is sy oor dieselfde kam
geskeer as ‘n huishulp, en dan mag sy nie in die huis slaap, bad of aan tafel
eet nie. Ma kom uit die apartheids-era, en niks sal daardie diepgewortelde
manier van doen verander nie.
Dan is daar
nog die paranoia. Ma sluit gedurig
alles. Almal is potensiële diewe en
aanranders, moordenaars of verkragters.
Ons koerante en nuusberigte is hier van geen hulp nie. Dit versterk Ma net se wantroue.
Terwyl ek
nog koorsig soek na oplossings en assesserings en onderhoude probeer reël
(meeste mense is nog met vakansie) bespreek my twee broers die saak daar
eenkant in die karoo. Hulle begin neig
na die siekeboeg-gedagte. Ons kom telefonies ooreen om laasgenoemde deegliker
te ondersoek.
Ek is
betrokke by ACVV Huis Elsjé, ‘n tehuis vir die versorging van
Alzheimer-lyers. My Pa het die gebou
opgerig en toe aan die ACVV geskenk. Die
tehuis is na my oorlede sussie, Elsjé, vernoem. Dalk sal Ma tuis voel.
So gebeur
dit toe dat ek Ma op die dag van haar ontslag uit die hospitaal, sommer reguit
na Huis Elsjé neem. (Manlief se gemoed
laat hom in die steek, en hy volg ons ongesiens vanaf die hospitaal tot by Huis
Elsjé. Ek en Ma dink ons is alleen) Sy
word opgeneem in die tweede laaste beskikbare bed. Ek het darem vooraf tyd
gehad om te reël dat die bestuurder van Huis Elsjé, Mnr Gert Meiring, Ma in die
hospitaal besoek om homself te vergewis dat Ma regtig gereed is vir Huis Elsjé.
Ek het ook haar (gemerkte)klere,
toiletware, ‘n paar portrette en so aan in haar kamer te gaan sit sodat sy nie
so vreemd sal voel nie.
Ma is ewe
gedwee toe ek aan haar verduidelik dat ek nie meer mooi genoeg na haar kan kyk
nie, en dat hier ‘n span mense is wat kan help keer dat sy nie weer seerkry
nie. Sy aanvaar dit, maar wil sedertdien elke keer as ek daar kom, weet wanneer
sy dan kan huis toe kom.
Ek moet
myself dan daaraan herinner dat Ma die laaste tyd ook nie meer tuis gevoel het
by die huis nie. Voor Kersfees het sy
vir ‘n volle twee weke lank elke dag twee tasse gepak het, want, het sy
geredeneer, ons het tog met ‘n kar hierheen gekom, en ons sal dan seker weer
met ‘n kar huis toe gaan. Ek het
aangeneem sy verwys na die huis waar sy grootgeword het. Sy het my tot vervelens
toe gevra of my pa ooit in hierdie huis was, of hy die snaakse huis gesien
het. As ek dan vir haar sê dat hulle vir
tien jaar hier gewoon het voor Pa se dood, was sy kwaad omdat ek dan nie weet wat sy bedoel nie. Sy het nie aanvaar dat Pa oorlede is nie. Sy het egter die gordyne herken.
Ek
verduidelik elke keer weer dat dit nie veilig is by die huis nie. ‘n Vriendin het al vir haar gaan kuier, en
broer Gert en sy gesin was ook al hier vir ‘n besoek, maar Ma onthou dit nie.
Ek wéét dat
Ma hier die allerbeste behandeling kry wat moontlik is. Daar is genoeg versorgers, etes word
dieetkundig uitgewerk en voorberei, medies word sy soos porselein opgepas, en
daar is ook aktiwiteitskoördineerders wat met groot kreatiwiteit en ywer sorg dat
verveling, die groot vyand, nêrens vastrapplek kry nie.
Hoekom voel ek dan soos ‘n hond? Hierdie ding wat ons skuldgevoelens
noem, het geen logiese faset nie. Dis ‘n onding. Maar hy sit.
Hy maak nes in jou lewe met die doel om te bly. Niemand kan jou van hom verlos nie. Miskien
sal Tyd die ding doen? Intussen loop ek
maar met die geveg in my binneste: Ma se versorging versus my gevoel van
verlies en onbevoegdheid. Maar Ma se versorging en welsyn moet altyd wen.
10 comments:
I would like to say thank for sharing this great article.
http://www.archive-box.com
SEE MORE WIDGETS FOR BLOGS HERE. THE BEST WIDGETS FOR BLOGGER
great article
thanks http://teknoupdate3.blogspot.com/2015/07/spesifikasi-dan-harga-huawei-honor-4c.html
great article
thanks http://teknoupdate3.blogspot.com/2015/07/spesifikasi-dan-harga-huawei-honor-4c.html
the information is very interesting , awaited his latest article admin do not forget to visit also my health care at Gout Pain Medication , thanks ...
"Fantastic web-site you possess there.Water Slide Rentals Miami, Event Planning Miami,
Dance Floor Rental Miami, Miami Food Machine Rentals, Bounce House Rental Miami, Jump House Rentals Miami, Miami Movie Screen Rental, Kids Party Rentals Miami"
This is also a very good post which I really enjoyed reading. It is not everyday that I have the possibility to see something like this.
Send Flowers To Vijyawada
Thanks for sharing this informative post. it is very nice and helpful for your work.
Send Flowers To Ujjain
Really your post is too wonderful. carry on your good work and share your information from us.
Send Flowers To Kota
Thank you this information is very useful. It is really a great Post.
Send Flowers To Udaipur
Post a Comment