Nasionale
Melktertdag
Vandag is
dit Nasionale Melktertdag. Ja, dis reg:
Nasionale Melktertdag.
Ek glo ons
is die enigste land ter wêreld wat ‘n tert so vereer. Dit kan mos net ‘n land
met ‘n baie ernstige siening van die lekker dinge in die lewe wees wat aan iets
soos ‘n dag vir die Melktert kan dink; of aan ‘n Nasionale Braaidag met al sy
variasies.
Ons is
ernstig oor die dinge wat by ons lippe verbyglip binnetoe. (Soms sou dit beter swwe as ons so waak oor di
twat deur die lippe uitgaan) Kyk maar
net na al die kosprogramme. Dis
Masterchef, Kêrels wat kook, Come dine with me, South Africa (en ander plekke),
Kokkedoor, noem maar op. DieTV-base sal
nie met hierdie programme aanhou as die kykerstal nie groot genoeg is nie.
Ek vind
geen fout daarmee nie. Ons is immers
geskape met die vermoë om te kan PROE. Ons
het hier plaaslik selfs ‘n fees ter ere van eetgoed: Die PROE Mosselbaai fees.
Wys jou net.
Vele kerke,
skole en welsynsorganisasies is ook op hierdie
manier pannekoek vir pannekoek, koesister vir koesister gebou. Eetgoed lê ons voorwaar na aan die hart. Ons liefde vir lekker eet hou ook ‘n klomp
mediese praktisyns aan die werk en aan die lewe. Om van die farmaseutiese
maatskappye nie te praat nie.
Van babatyd
af word ons getroos, beloon, kalmeer met ietsie lekkers in die mond. Ooms bly selfs wakker in die kerk met klein
pienk lekkertjies. “Ouderlingspilletjies”het ons dit destyds genoem. Ek wonder
of mens steeds ouderlingspilletjies kry.
Ek dwaal
af. Die enigste ooreenkoms tussen
ouderlingspilletjies en melktert, is dat Kenani (ACVV Mosselbaai) se melktert
vandag pienk is. Pienk omdat ons ook
graag ‘n bydrae tot die bewusmaking van borskanker wil maak.
Dit bring
my by ‘n ander eienskap van ons geliefde volkie. Ons versuip die swaarkry behoorlik met
lekkerkry – gee ons net ‘n halwe kans. As ons dit nie op ‘n sosiale manier kan
saamdoen nie, maak ons grappe oor die ellende in en om ons.
So is daar
meer as genoeg “donker” grappe wat ons help oorleef met Eskom se beurtkrag.
Selfs oor
siektes word daar grappe uitgedink.
Ons
rasse-ding wat maar net nie wil gaan lê nie, kry dieselfde behandeling. Hier
werk dit net nie, want dit is asof hierdie kwessie net al hoe nader aan die
nerf en al hoe kwesbaarder word. Ek kan
nie verstaan waarom dit nou juis so ‘n sensitiewe saak moet wees nie. Ons is tog almal op die een of ander manier
anders as almal om ons – selfs ons naaste familielede toon die een of ander eienskap
wat eie aan hom/haar is, maar ons hou almal van eet.
Daar is ook
grappe oor vloede, aardbewings, verspoelings, verloorwedstryde, politieke
leiers en politieke “wanna-be’s”. Ouderdom en verwante probleme loop ook onder
die gelykmaker, die grap, deur.
Nadat die
Rhodesiërs lank lank gelede, voor Zimbabwe, na ons land uitgewyk het, is hulle “when-we’s”
genoem omdat hulle so teruggehunker het na hul land van melk en heuning. ‘n
Tipiese voorbeeld sou wees dat so ‘n inkommer sou sê: “When we were
in Rhodesia ……”
Terug by
melktert. Melktert het saam met die
slawe uit Maleisië van destyds voet aan wal gesit. Ons
het dit as volksbesit totaal oorgeneem.
Selfs in
melktert is daar variasies. Jy kry die
melktert waarvan die kors eers gebak word, en die vulsel dan in die gebakte
kors geskep word. (Skoonma se resep). Dan is daar diegene wat die kors en die vulsel
saam bak. My ma se resep is so, want dan word die eierwit ook gaar. Nog ‘n variasie is waar die kors met
beskuitjies en botter gemaak word. En dan vir die kitsresep der kitsresepte:
die een waar die kors met beskuitjies en botter gemaak word, en die vulsel
hoofsaaklik kondensmelk bevat. Amper
vergeet ek: my skoonsus se melktert kry bietjie klapper ook in. En daar is nog
die korslose melktert ook. Almal is melktert,
almal is lekker, almal maak vet, almal kry kaneel oor, en almal word vandag
vereer.
Geniet
teetyd met ‘n lekker stuk melktert – sommer net om die lewe en die dag te
vier. Overgezet synde: Viva, Melktert!
Melktert, Viva!
15 comments:
http://parrillasyrock.blogspot.com.ar/
nice one
Fyne week, mooie blog, groetjes uit Belgie
I would like to say thank for sharing this great article.
http://www.archive-box.com
your article is very nice. essay writing is the common for all the students and their give the most importance for these process best thesis service is to provide for the all essays to all students.
Nice blog :)
Nice blog.Thank you so much for share.
Wonderful site. Good content too. Thanks for sharing
this very nice
nice blog,, join my blog too http://macammcamilmu.blogspot.com/
"Fantastic web-site you possess there.Water Slide Rentals Miami, Event Planning Miami,
Dance Floor Rental Miami, Miami Food Machine Rentals, Bounce House Rental Miami, Jump House Rentals Miami, Miami Movie Screen Rental, Kids Party Rentals Miami"
Nice blog.Thank you so much for share....
Thanks for sharing this informative post. it is very nice and helpful for your work.
Send Flowers To Pune
Je eigen succesvolle blog starten of zorgen dat je blog bekender wordt? kijk dan gauw op de website hier beneden!
http://www.paypro.nl/producten/Eigen_Blog_Startennl/25297/49810
Du bist nicht kiddingsk!
Post a Comment